# Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het gehoor dat ‘n polisielid wat ‘n beëdigde verklaring ter ondersteuning van die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya se borgtogaansoek ingedien het, glo inligting oor die saak aan hom uitgelek het. Die hof het ook na ‘n opname geluister waarin Sibiya na bewering vra of die beampte vertrou kan […]
# President Cyril Ramaphosa sê die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane is ‘n belangrike stap in die rigting van die versterking van Suid-Afrika se gesondheidsoewereiniteit. Ramaphosa sê dit sal help om farmaseutiese innovasies vanuit laboratoriums na kliniese ontwikkeling, grootskaalse produksie en vervaardiging te neem. Hy voeg by sterker vennootskappe tussen […]
# Christa Pike se regspan het ‘n hof in Tennessee versoek om bewyse wat verband hou met haar mislukte teregstelling verlede week te bewaar. Pike het die teregstelling oorleef nadat sy twee dosisse van ‘n dodelike inspuiting ontvang het en is tans in die hospitaal. Haar regspan wil hê alle bewyse, insluitend naalde, inligting rakende […]
# Build One South Africa verwag ‘n sterk vertoning in Johannesburg en Tshwane tydens die plaaslike verkiesing op 4 November. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, het aan die SABC gesê Gauteng het ‘n kernbelangrike deel van die party se voetspoor geword, met vordering wat ook in Limpopo en Kaapstad aangeteken is. Hy het beklemtoon […]
# Die Stad Tshwane sê hy prioritiseer foutopsporing om elektrisiteit aan kliënte in Murrayfield en Koedoespoort te herstel. Dit volg na kragonderbrekings wat in sommige gebiede byna tien dae geduur het. In Murrayfield het spanne oornag krag na vyf mediumspanningseenhede herstel wat beteken ongeveer 20 eenhede is steeds sonder krag, terwyl daar na verdere kabelfoute […]
# Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in ‘n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil ook hê die regering […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet sy wind- en sonkragbronne benut om energie-sekerheid te versterk en ekonomiese hervorming te bevorder. Hy het gepraat op Windaba 2026 in Kaapstad, met die tema “Implementing Watt Matters: Policy, Power, People”. Ramokgopa sê hernubare energie kan ekonomiese groei, werkskepping en industrialisering ondersteun. Hy […]
# Lande in die Stille Oseaan versoek die wêreld om pogings op te skerp om kweekhuisgasuitstralings te verminder en aardverwarming tot onder 1,5-grade Celsius te beperk. Ministers van Klimaatsake vergader in Fidji en sê die streek ervaar reeds die gevolge van stygende seevlakke, uiterste weerstoestande en toenemende bedreigings vir gemeenskappe. Hul vra sterker verbintenisse voor […]