# Lande in die Stille Oseaan versoek die wêreld om pogings op te skerp om kweekhuisgasuitstralings te verminder en aardverwarming tot onder 1,5-grade Celsius te beperk. Ministers van Klimaatsake vergader in Fidji en sê die streek ervaar reeds die gevolge van stygende seevlakke, uiterste weerstoestande en toenemende bedreigings vir gemeenskappe. Hul vra sterker verbintenisse voor die COP31-klimaatsberaad volgende maand in Turkye, insluitend meer beskerming van oseane. Die VN waarsku die wêreld sal na verwagting sy teiken van 1,5-grade in die komende jare oorskry, wat die gevaar van blywende omgewingskade en verdere styging in seevlakke sal verhoog.
Stille Oseaan-lande vra sterker optrede om aardverwarming onder 1,5-grade te hou