Skip to content

Rugby: Stormers se span volgepak met Bokke vir VRK-wedstryd teen Haaie

# Rugby: Die Stormers pak die Haaie met elf Springbokke in sy span in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad. Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson het sy terugkerende Bokke ingespan nadat hulle in die tweede ronde in Skotland teen Edinburgh verloor het. Agt internasionale spelers is in die opdrafspan en nog drie op die bank, terwyl die opkomende ster-slot Riley Norton en Haashim Pead, wat onlangs van die Leeus gewerf is, ook in die span is. Sacha Feinberg-Mngomezulu en Cobus Reinach is die skakelpaar.