# Die Gautengse Gesondheidsdepartement erken uitdagings met die voorsiening van medisyne in openbare geriewe. Hy sê dis as gevolg van kontrakveranderinge, vertragings met verskaffers en druk op die voorsieningsketting. Woordvoerder Steve Mabona sê hulle monitor beskikbaarheid deur hul voorraad-sigbaarheidstelsel en het ingegryp, insluitend met die rotasie van voorraad tussen geriewe, die verkryging van alternatiewe verskaffers en die gebruik van terapeutiese alternatiewe. Hy sê beskikbaarheid word aktief gemonitor om onderbrekings in behandeling te verminder:
Gautengse Gesondheid erken tekorte aan medisyne in openbare gesondheidsgeriewe [KLANK]
ENG MabonaOnMedicineShortages