Skip to content

Gautengse wetgewer wen internasionale toekenning vir omgewingswerk

# Die Gautengse wetgewer het internasionale erkenning ontvang vir sy omgewingswerk nadat hy die eerste Green Mace-toekenning van die Statebond se Parlementêre Vereniging gewen het. Die toekenning erken maatreëls soos die gebruik van energiedoeltreffende LED-beligting, planne om sonpanele in te stel, ‘n laaistasie vir elektriese voertuie en boomplantprojekte. Die wetgewer se speaker, Morakane Mosupyoe, sê dié erkenning versterk die wetgewer se verbintenis om omgewingsvolhoubaarheid in sy parlementêre werk en gemeenskapsprogramme te bevorder.