Skip to content

63 vroue kon na vore in mishandelingsaak in KZN

# Drie-en-sestig vroue beskuldig nou ‘n finansiële dienste-bestuurder van Hilton in KwaZulu-Natal van seksuele aanranding. Ondersoeker Brad Nathanson sê die gesin van ‘n 15-jarige meisie het hom eerste genader nadat die man haar na bewering seksueel voorberei het. Hy sê ‘n enkele Facebook-plasing het gelei to 63 klagtes, onder meer van minderjariges wat eksplisiete foto’s op skool ontvang het. Nathanson vra die betrokke vroue om formele klagtes by die polisie in te dien sodat strafregtelike aanklagte kan volg.