# AfriForum sê die nege kleiner partye in die regering van nasionale eenheid behoort formeel beswaar te maak teen die wyse waarop die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, die betrekkinge met die VSA hanteer. Ernst van Zyl van die organisasie sê Lamola se onlangse opmerkings oor die Amerikaanse ambassadeur en sy teenwoordigheid […]
# President Cyril Ramaphosa sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gesê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om gesondheidsveiligheid te beskerm en veerkragtigheid vir toekomstige gesondheidsnoodgevalle te bou:
# Sokker: Suid-Korea se kaptein, Lee Gi-hyuk, het om verskoning gevra omdat hy gespog het hy gaan verpligte diensplig misloop nadat sy land ‘n goue medalje gewen het op die Asiatiese Spele. Suid-Korea het Japan in die eindstryd 1-0 geklop en die 26-jarige het sy medalje opgehou en gesê hy sal nie hoef diensplig te […]
# Motorsport: Cadillac se Formule Een-renjaer Valtteri Bottas is per fiets op pad van Maleisië na Singapoer in die aanloop tot die Grand Prix van dié naweek. Die 37-jarige Fin het besluit om die roete van 350 kilometer per fiets af te lê, eerder as om te vlieg of te bestuur. Bottas, ‘n ywerige fietsryer, […]
# Sokker: Die Spaanse voorspeler Pedro Rodrigues het op die ouderdom van 39 sy uittrede aangekondig ná ‘n loopbaan van 20 jaar en 25 groot trofeë, insluitend die Wêreldbeker in 2010. Hy was 16 jaar gelede ‘n sleutellid van die land se span in Suid-Afrika en het in die eindstryd teen Nederland begin. Rodrigues het […]
# Krieket: Australië berei hom voor op ‘n vyandige ontvangs in Durban môre wanneer die span sy eerste toets in Suid-Afrika speel sedert die balpeuterskandaal van 2018. Kaptein Steve Smith, onderkaptein Dave Warner en die bouler Cameron Bancroft is almal gestraf nadat televisiekameras gewys het hoe Bancroft die bal met skuurpapier grof maak tydens die […]
# Die DA sê rou riool vloei steeds in die Rietrivier by die Thatchfield landgoed in Centurion, wat gesondheids- en omgewingsrisiko’s inhou. Volgens die party kla inwoners al jare lank oor die reuk en besoedeling; die rioolprobleem is na bewering vanjaar reeds drie keer aangemeld en by die Stad Tshwane aanhangig gemaak. Leanne de Jager […]
# Eskom bring hulde aan sy voormalige nasionale woordvoerder, Khulu Phasiwe, wat in die ouderdom van 52 gesterf het. Hy was ten tye van sy dood die hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie by Lugverkeer- en Navigasiedienste. Hy het voorheen as senior kommunikasie-raadgewer en later as nasionale woordvoerder van Eskom gedien. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, […]