Skip to content

Die Spoorwegveiligheidsreguleerder sê sterftes is die bedryf se grootste uitdaging

# Die Spoorwegveiligheidsreguleerder sê sterftes is die bedryf se grootste uitdaging. Die jongste data toon die publiek was verantwoordelik vir 95,4-persent van alle sterftes. Ten spyte van ‘n algehele afname in spoorwegvoorvalle, het sterftes met 25,9-persent toegeneem, van 139 tot 175 in 2025/2026. Sekuriteitsvoorvalle het tot vyf-duisend-710 gedaal, wat ‘n jaar-tot-jaar-afname van 11,2-persent verteenwoordig. Diefstal van spoorwegbates het met 10,2-persent afgeneem, terwyl vandalisme met 15,1-persent gedaal het. Die bestuurshoof van die reguleerder, Brian Monakali, sê sterftes word aan ‘n klomp faktore toegeskryf, waarvan sommige nie onder die regstreekse beheer van die operateurs is nie..