# Die parlementêre ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, het beraadslaging oor sy voorlopige verslag van 790 bladsye afgehandel. Dit sluit bewerings in dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu wat op spesiale verlof is, omkoopgeld ontvang het; Vusimuzi “Cat” Matlala se beweerde kontantbetalings aan oudminister van Polisie, Bheki Cele; en die toekoms van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie. Die komiteevoorsitter, Soviet Lekganyane, sê die inhoud-span sal die voorlopige verslag redigeer voor dit na getuies gaan om kommentaar te lewer.
Parlementêre Ad Hoc-komitee handel beraadslaging oor voorlopige verslag af