Nuus 15:00
BULLETIN 8 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# News24 eis ‘n verskoning nadat March and March se leier ‘n joernalis se selfoonnommer openbaar
# Sokker: Suid-Korea se kaptein vra verskoning oor sy opmerkings oor militêre diens
# En die Kanadese skrywer Anne Carson wen 2026 se Nobelprys vir Letterkunde
# News24 het ‘n aanmaningsbrief aan March and March se leier, Jacinta Ngobese-Zuma, gerig nadat sy die ondersoekende joernalis, Khaya Koko, se selfoonnommer op Facebook geplaas het. Die nuusplatform sê Koko het sedertdien meer as ‘n honderd dreigende oproepe en boodskappe ontvang, insluitend ‘n doodsdreigement. Die organisasie eis dat Ngobese-Zuma die plasing verwyder, Koko om verskoning vra en onderneem om nie weer sy persoonlike inligting te publiseer nie. Volgens News24 kan die dreigemente strafregtelik wees en dit skend Koko se reg op privaatheid, waardigheid en veiligheid.
# Die regering se Ekonomiese Groepering vra die publiek om inligting oor die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste te bevestig ná sosiale media-bewerings oor die uitwerking op vlugtelinge en asielsoekers. Die wetsontwerp wil die indiensneming van buitelandse burgers wettig reguleer en stel ‘n boete van 100-duisend-rand voor vir ‘n eerste oortreding van werkgewers wat onwettige buitelandse werkers aanstel. Woordvoerder Teboho Thejane sê die wetsontwerp, wat voor die Parlement dien, wil ook arbeidsmarkregulering en -nakoming versterk:
Nuus uit die buiteland:
# Volgens ‘n waarnemingsverslag wat Reuters onder oë gehad het, is ‘n Chinese vissersboot wat deel is van die land se maritieme militêre mag, die eerste keer aan die ooskus van Taiwan opgemerk. Die vaartuig het in Augustus langs ‘n Chinese kuswagboot en ‘n navorsingskip naby Hualien gevaar. Taiwan sê die bote was betrokke by wat beskryf is as oefeninge in maritieme teistering. Beijing het nie kommentaar gelewer nie. Taiwan beskou sy ooskus as belangrik vir moontlike toevoerroetes in oorlogstyd en sê China het sedert Junie sy kuswag-bedrywighede in die gebied verhoog.
# Sokker: Suid-Korea se kaptein, Lee Gi-hyuk, het om verskoning gevra omdat hy gespog het hy gaan verpligte diensplig misloop nadat sy land ‘n goue medalje gewen het op die Asiatiese Spele. Suid-Korea het Japan in die eindstryd 1-0 geklop en die 26-jarige het sy medalje opgehou en gesê hy sal nie hoef diensplig te doen nie. Mans moet tussen 18- en 21-maande verpligte militêre diens voltooi, maar gouemedalje-wenners hoef net basiese opleiding te voltooi. Lee sê hy moes vooraf gedink het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-68-sent teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 22-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-485-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-122-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 108-dollar-3-sent per vat.
# En ten slotte: Die Kanadese skrywer, digter, vertaler en onderwyseres Anne Carson is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Letterkunde. Carson is in 1950 in Toronto gebore en put inspirasie uit antieke Griekse letterkunde. Van haar bekendste werke sluit in Autobiography of Red, The Glass Essay en Nox. Anders Olsson van die Nobelkomitee sê Carson word vereer vir haar oorspronklike en vernuwende werk wat op klassieke tradisies voortbou en nuwe rigtings aan hedendaagse letterkunde gee:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….