# Die raad vir gehalteversekering, Umalusi, sê Suid-Afrika is grootliks gereed vir volgende week se begin van die matriek-eindeksamen. Uitvoerende hoof Mafu Rakometsi sê 964-duisend-201 kandidate is geregistreer, met die Nasionale Senior Sertifikaat wat 92-persent verteenwoordig. Die eksamen sal in sewe-duisend-en-57 sentrums afgelê word. Rakometsi sê veilige stelsels is ingestel vir die drukwerk, bewaring en verspreiding van vraestelle. Eksamen-owerhede het altesaam 283 vakvraestelle goedgekeur vir drie kwalifikasies en vier beoordelings:
Umalusi gereed vir Nasionale Senior Sertifikaat [KLANK]
ENG-RakometsiOnNSC