Skip to content

Verblyfplatform LekkeSlaap verkoop aan nuwe beleggersgroep

# Die aanlyn verblyfplatform LekkeSlaap is aan ‘n beleggersgroep verkoop wat Investec en die privaat beleggingskantore van FirstRand se medestigters, GT Ferreira en Laurie Dippenaar, insluit. News24 berig die transaksie is vir ‘n onbekende bedrag beklink. Die medestigters, Jonathan Womersley en Marcel van de Ghinste, tree uit, terwyl uitvoerende hoof Frans Joubert en die bestaande bestuurspan aanbly. Die nuwe eienaars beplan om LekkeSlaap reg oor Suider-Afrika uit te brei en verder te belê in tegnologie. LekkeSlaap het 40-duisend geregistreerde verblyf-eiendomme en het reeds meer as nege-miljoen gaste bedien.