# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, ondersteun oproepe vir optrede teen individue en organisasies wat daarvan beskuldig word dat hulle waninligting oor Suid-Afrika in die buiteland versprei. Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee, Supra Mahumapelo, het wetgewing voorgestel wat dit moontlik maak dat mense van hul Suid-Afrikaanse burgerskap gestroop kan word. Lamola sê die reg op vryheid van spraak strek nie tot die verspreiding van leuens en waninligting nie. Die DA-lid, Ryan Smith, waarsku egter sulke wetgewing kan inbreuk maak op vryheid van uitdrukking.
Minister Ronald Lamola ondersteun strenger optrede teen diegene wat waninligting oor SA in die buiteland versprei