Nuus 16:00
BULLETIN 8 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Umalusi is gereed vir die Nasionale Senior Sertifikaat
# Die verblyfplatform LekkeSlaap word verkoop aan ‘n nuwe beleggersgroep
# En krieket: Harmer sê daar is eenheid en ‘n veggees binne die Proteas se toetsspan
# Die raad vir gehalteversekering, Umalusi, sê Suid-Afrika is grootliks gereed vir volgende week se begin van die matriek-eindeksamen. Uitvoerende hoof Mafu Rakometsi sê 964-duisend-201 kandidate is geregistreer, met die Nasionale Senior Sertifikaat wat 92-persent verteenwoordig. Die eksamen sal in sewe-duisend-en-57 sentrums afgelê word. Rakometsi sê veilige stelsels is ingestel vir die drukwerk, bewaring en verspreiding van vraestelle. Hy sê eksamen-owerhede het altesaam 283 vakvraestelle goedgekeur vir drie kwalifikasies en vier beoordelings:
# AfriForum sal aanhou om die saak oor die moord op die Suid-Afrikaanse Lugmag-sersant Michael Swanton dop te hou. Die Pretoriase Landdroshof het die saak teen Thabang Eugene Sohole en Michael Makampe tot 2 November uitgestel vir oorplasing na die Streekhof. Jacques Broodryk van AfriForum sê Swanton is in Januarie in Pretoria-Noord doodgeskiet toe hy en sy vrou na bewering voorgekeer is deur die insittendes van ‘n voertuig met blou ligte:
# Die aanlyn verblyfplatform LekkeSlaap is aan ‘n beleggersgroep verkoop wat Investec en die privaat beleggingskantore van FirstRand se medestigters, GT Ferreira en Laurie Dippenaar, insluit. News24 berig die transaksie is vir ‘n onbekende bedrag beklink. Die medestigters, Jonathan Womersley en Marcel van de Ghinste, tree uit, terwyl uitvoerende hoof Frans Joubert en die bestaande bestuurspan aanbly. Die nuwe eienaars beplan om LekkeSlaap reg oor Suider-Afrika uit te brei en verder te belê in tegnologie. LekkeSlaap het 40-duisend geregistreerde verblyf-eiendomme en het reeds meer as nege-miljoen gaste bedien.
Nuus uit die buiteland:
# Britse owerhede het ‘n 22-jarige man op borgtog vrygelaat nadat hy aangekeer is vir vermeende terreurdade wat verband hou met ‘n komplot teen die Lugmagbasis Fairford. Hy is Dinsdag in Londen aangekeer. Ses ander mans wat voorheen in verband met die saak in hegtenis geneem is, het ook borgtog gekry. Amerikaanse amptenare sê die ondersoek hou verband met ‘n moontlike Iranse hommeltuigaanval op die basis, waar Amerikaanse bomwerpers gestasioneer is. Iran het enige betrokkenheid ontken. Die polisie sê die ondersoek duur voort en verskeie leidrade word opgevolg.
# Krieket: Die Protea-draaibouler Simon Harmer sê die hegte eenheid binne die span sal baie voordelig wees in die toetsreeks teen Australië. Die 37-jarige, wat in November verlede jaar laas vir Suid-Afrika gespeel het, kan dalk saam met Keshav Maharaj as draaibouler ingespan word wanneer die eerste toets môre in Durban begin. Kus-kolfblaaie bied tradisioneel meer hulp aan draaiboulers. Harmer beskryf die span as ‘n hegte groep wat bereid is om saam te veg:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 18-rand-63-sent teen die euro en 22-rand teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-388-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-122-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 108-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….