# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het ‘n verbod op toegang tot sosiale media vir kinders onder 16 uitgesluit. Dit is ten spyte van lande soos Australië en Maleisië se algehele verbod, te midde van toenemende kommer oor die uitwerking van sosiale media op kinders se gesondheid en veiligheid. In antwoord […]
# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het vier hooggeplaaste amptenare geskors, hangende die uitslag van ‘n ondersoek na bewerings van bedrog wat verband hou met ‘n steenkoolvoorsieningstender. ‘n Strafsaak is by die Valke aanhangig gemaak. Minister Groenewald sê ‘n veelvuldige forensiese oudit word onafhanklik gedoen, wat alle teenstrydighede in die tenderproses sal uitwys. […]
# Brittanje gaan die invoer van goedere van Israelse nedersettings in die besette Wesoewer verbied. Die minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê daar is etniese suiwering van Palestyne in dele van die Wesoewer deur setlaar-“terroriste”. Die sanksies sluit ook ‘n nuwe verbod op wapenlisensies en persoonlike sanksies teen sleutelpersone in wat daarvan beskuldig word […]
# Civic Root Advocacy sê die vertragings rondom die parlementêre verwerking van die Wetsontwerp op Koalisies toon die regering se inherente onvermoë om plaaslike regeringsuitdagings op te los. Die wetgewing beoog om koalisieraamwerke binne plaaslike regerings te standaardiseer. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake hoop dit sal voor November se plaaslike regeringsverkiesing deurgevoer […]
# Sokker: ‘n Presidentskandidaat van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Sandile Zungu, het SAFA tot Donderdag tyd gegee om Bafana Bafana se spelers en tegniese span se Wêreldbeker-bonusse te betaal. SAFA skryf die vertraging toe aan uitstaande nakoming van internasionale belastingvereistes in Amerika en Mexiko, waar Suid-Afrika wedstryde gespeel het, om sowat 2,5-miljoen-rand aan elke speler te […]
# Iran se ministerie van Buitelandse Sake beskuldig Kanada dat hy na sy “afknouerige buurman”, Amerika, se pype dans en strategiese verwarring en onderwerping aan intimidasie toon. Ottawa het Teheran se “destabiliserende optrede” in die Midde-Ooste veroordeel en besluit om saam met vennote druk op Iran vol te hou deur onder meer sanksies en ondersteuning […]
# Kanadese vergeldingstariewe op Amerikaanse goedere ter waarde van 441,17-miljard-rand word vandag van krag, terwyl die handelsoorlog tussen die twee bondgenote voortsleep. Die tariewe wat wissel van 15- tot 50-persent volg nadat president Donald Trump van Amerika verlede maand 50-persent tariewe op Kanadese goedere ingestel het nadat handelsgesprekke ʼn dooiepunt bereik het. Die maatreëls raak […]
# Tennis: Die tweede-gekeurde Elena Rybakina van Kazakstan het nog net een oorwinning nodig om wêreld-nommer-een te word. Sy is die eerste keer in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope nadat sy Naomi Osaka van Japan verslaan het. Rybakina speel volgende teen die Chinese kwalifiseerder Zheng Qinwen, wat die Pool Iga Swiatek uitgeskakel het. 2023 […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy wil die AIM-kongres gebruik om Suid-Afrika as ‘n geloofwaardige, mededingende en aantreklike beleggingsbestemming te vestig. Die kongres, wat gister begin het, is ‘n vlagskipbeleggingsplatform van die AIM Wêreldstigting wat jaarliks in die Verenigde Arabiese Emirate gehou word. Die geleentheid sal globale ekonomiese uitdagings […]