# Die DA se Federale voorsitter, Solly Msimanga, sê die party se uitvoerende federale raad sal die uitwerking ondersoek van John Steenhuisen se bewerings oor Tony Leon en sy skakelfirma, Resolve Communications, en bepaal of die DA in ‘n slegte lig gestel is. Steenhuisen beweer DA-ministers, insluitend die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly […]
# Minstens twee-duisend-en-70 slagoffers is geïdentifiseer, een-duisend-en-24 verdagtes in hegtenis geneem, en 465 ondersoeke begin, ná ‘n gekoördineerde internasionale klopjag teen mensehandel. Wetstoepassingsagentskappe uit 59 lande regoor Afrika, die Amerikas, Asië en Europa het in Junie saamgewerk aan Operasie Global Chain wat deur Interpol gekoördineer is. Die klem was op mensehandelnetwerke wat betrokke is by […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-114, Arthur Fery, het Grigor Dimitrov van Bulgarye op Wimbledon verslaan en die eerste Britse promotorskeuse in die Ope-era geword om die kwarteindronde van ‘n Grand Slam-toernooi te bereik. Hy speel volgende teen die Italianer Flavio Cobolli, wat die Australiër Alex de Minaur uitgeskakel het. Die Amerikaner Taylor Fritz het Alexander Bublik […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het gemeenskappe gevra om skoolinfrastruktuur te beskerm en sê elke klaskamer, sanitasiegerief en skool wat bewaar word, is ‘n belegging in die gemeenskap se toekoms. Al drie-duisend-372 skole wat in die 2018 “Sanitasie Geskik vir Onderwys”-inisiatief geïdentifiseer is, het nou veilige en toepaslike sanitasiegeriewe. Gwarube sê die […]
# Die Israelse weermag het gister verskeie aanvalle in die suide van Libanon uitgevoer, onder meer ʼn hommeltuigaanval op ʼn motor waarin vier mense dood is. ʼn Skoolhoof, haar ma, ʼn buitelandse huishulp en ʼn Siriër is dood. Ten spyte van ʼn skietstilstand wat Amerika bewerkstellig het en twee weke gelede onderteken is, gaan Israel […]
# Die DA het president Cyril Ramaphosa se besluit gekritiseer om die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Frankryk aan te stel. Die party beskuldig die president dat hy die belange van ANC-kaders bo dié van die land en sy buitelandse beleid stel. Die 63-jarige Dlodlo vervang wyle Nathi […]
# Sokker: Die Amerikaanse president, Donald Trump, erken hy het FIFA se president, Gianni Infantino, persoonlik gekontak om sy land se doelskopper, Folarin Balogun, se skorsing van een wedstryd tydens die Wêreldbekertoernooi te heroorweeg. Balogun sou die wedstryd teen België misloop nadat hy ʼn rooikaart gekry het vir vuilspel teen Bosnië-Herzegowina. FIFA het daarna besluit […]
# President Cyril Ramaphosa het die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk aangewys. Sy volg Nathi Mthethwa op wat in September dood is nadat hy sedert 2024 ambassadeur was. Die 63-jarige Dlodlo het verskeie kabinetsposte onder Ramaphosa en oudpresident Zuma beklee. Sy was in die veiligheidsportefeulje tydens die dodelike […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 07 Julie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Wêreldbank beveel ‘n 15-persent korporatiewe belastingkoers aan vir Suid-Afrika se Spesiale Ekonomiese Sones. Dit volg terwyl die regering oorweging skenk aan belastingverligting, sone-hervormings en befondsingsveranderinge. # En die Netwerk24-webblad: Berig die staat se Inligtingstegnologie-agentskap het sedert 2020 sowat […]