# Polisie in Gauteng het gister as deel van Operasie Prosper meer as 217 vermeende onwettige mynwerkers by die Losberg Kloof Myn in Westonaria gearresteer. Die operasie is deel van ʼn voortgesette nasionale veldtog om onwettige mynsindikate en trans-nasionale misdaadnetwerke wat in Suid-Afrika se mynboustreke bedrywig is, te ontbloot. Gauteng se adjunk-polisiekommissaris, Fred Kekana, sê […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vra ʼn data-gedrewe, bewys-gebaseerde benadering om Suid-Afrika se probleem met jeugwerkloosheid aan te spreek. Volgens Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat in Mei vrygestel is, is 60,9-persent jeugdiges tussen 15 tot 24 jaar werkloos, en 40,6-persent van dié tussen 25 tot 34 jaar. Godongwana het by die regering […]
# President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie Amerika nie met sy oorlog teen Iran help nie. Hy woon tans NAVO se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Dis die tweede jaar dat Amerika eis dat NAVO-bondgenote hul verdedigings-besteding […]
# Die Konstitusionele Hof het ‘n uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof gehandhaaf wat sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik en ongeldig bevind het. Die saak is aanhangig gemaak deur die Scalabrini-sentrum van Kaapstad, Regslui vir Menseregte en ander organisasies. Die hof het bevind dat enige persoon wat asiel soek, nie toegang tot die […]
# Frankryk se verregse National Rally-partyleier, Marine Le Pen, kan vir volgende jaar se presidentsverkiesing staan. Dit volg nadat die Parys-appèlhof haar skuldigbevinding vir die verduistering van fondse van die Europese Parlement gehandhaaf het, maar haar vonnis verkort het. Die hof het haar politieke onbevoegdheid van vyf jaar tot 45 maande verminder, waarvan sy reeds […]
# Rugby: Die Junior Springbokke bly op koers vir ‘n derde Junior Wêreldkampioenskaptitel na hul oorwinning van 52-33 oor Wallis vir ‘n plek in die halfeindronde in Tbilisi, Georgië. Suid-Afrika het die Walliesers met agt drieë teenoor vyf getroef, met kaptein Siphosethu Mnebelele en Liam van Wyk wat albei twee keer oorgeduik het. Die Junior […]
# Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek na die dood van die gewese adjunk-nasionale polisiekommissaris vir Misdaadopsporing. Die 59-jarige Sindile Mfazi se dood in 2021 is aanvanklik toegeskryf aan Covid-19, maar forensiese toetse het later tekens van gif in sy oorskot gekry. Die polisie het gisteraand klopjagte uitgevoer op verskeie eiendomme van […]
# Die EFF sê die bevindinge van die ondersoek na die Staatsinligtingstegnologie-agentskap bevestig sy sienings dat die probleme by SITA voortspruit uit onvoldoende toesig, vermiste dokumente en ‘n gebrek aan besliste leierskap. Die ondersoek het ernstige tekortkominge in bestuur, bestedingsbeheer en kontrakbestuur blootgelê, met meer as twee-miljard-rand in onreëlmatige uitgawes. Die EFF sê die minister […]
# Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se 32 lidlande begin vandag ʼn tweedaagse beraad in Ankara, Turkye, te midde van spanning tussen NAVO en Amerika oor Iran en Groenland. Hulle het verlede jaar ooreengekom om vyf-persent van hul bruto binnelandse produk aan verdediging te bestee. Sekretaris-generaal Mark Rutte sê die drie belangrike voorkeure vir die beraad is […]