Skip to content

Rusland is bereid om driesydige onderhandelings met Amerika en Oekraïne te hervat

# Die Kremlin-assistent Yury Ushakov sê Rusland is bereid om driesydige onderhandelings met Amerika en Oekraïne te hervat en op ’n naoorlogse veiligheidsraamwerk te fokus. Dit volg nadat die Russiese president, Vladimir Putin, en president Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, gister in die Russiese stad, St. Petersburg, vergader het. Moskou het maande lank geweier om te onderhandel omdat hy glo hy wen die oorlog. Ushakov sê ’n nuwe rondte samesprekings kan vroeg volgende maand in Abu Dhabi plaasvind.