# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, sê die onthullings van wanpraktyke voor die Madlanga-kommissie, is nie verbasend nie, want dit bevestig die kwessies wat deur die ouditeur-generaal in die metro geïdentifiseer is. Top metro-amptenare, insluitend die hoof finansiële beampte Gareth Mnisi en adjunk-polisiehoof, Umashi Dhlamini, is geskors nadat hulle betrek is by tender-onreëlmatighede. Moya […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê Israel en Libanon het ooreengekom op ‘n tien dae lange skietstilstand. Meer as tweeduisend mense is sedert Maart in Israelse aanvalle in Libanon dood. Amptenare van beide lande het vroeër die week hul eerste regstreekse gesprekke in dekades in Washington gevoer. In ‘n plasing op Truth Social sê […]
# Rugby: Die Springbok-sewes se kaptein, Impi Visser, sê hulle mik steeds na die perfekte vertoning al het hulle vier van die ses toernooie in die wêreldreeks gewen. Suid-Afrika gaan die naweek in Hongkong sy groepswedstryde teen Uruguay, Spanje en Argentinië speel in die eerste van drie wêreldkampioenskaps-toernooie. Visser sê daar is aspekte wat moet […]
# Die Withuis het berigte ontken dat Amerika versoek het om die skietstilstand van twee weke met Iran te verleng. Dit volg na die aankondiging dat Iranse amptenare en Pakistan se militêre hoof, Asim Munir, vandag samesprekings in Teheran gaan voer om boodskappe tussen Iran en Amerika te bespreek sedert onderhandelings doodgeloop het. Die Withuis […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty hou vol geen lid van die party sal enige politieke gevolge ly vir lidmaatskap van die ANC nie. Dit volg op ‘n bilaterale vergadering tussen die twee partye vroeër die week waar dubbele lidmaatskap bespreek is. Die SAKP gaan vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing onafhanklik van die ANC bestry. Die SAKP sê […]
# Tennis: Die tweemalige kampioen, Carlos Alcaraz, het aan die Barcelona-ope onttrek weens ‘n regter-gewrigbesering, wat vrese laat ontstaan oor sy deelname aan die Franse Ope. Die 22-jarige Spanjaard moes vandag teen die Tsjeg Tomas Machac speel, maar is aangeraai om te onttrek na mediese toetse. Dis die tweede keer in drie jaar dat ‘n […]
# Gholf: LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott O’Neil, sê die liga is ten volle befonds vir die res van die jaar en die seisoen gaan voort soos beplan, volstoom en sonder ontwrigting. Dit volg op berigte dat Saoedi-Arabië se soewereine welvaartfonds, die Openbare Beleggingsfonds, op die punt staan om sy finansiële steun te onttrek. […]
# China se ekonomie het in die eerste drie maande vanjaar met vyf-persent gegroei en oortref alle verwagtinge te midde van die Israel/Amerikaanse oorlog in Iran. Die verbetering vanaf 4,5-persent in die vorige kwartaal word toegeskryf aan vervaardiging, voertuie en ander uitvoere. China is die wêreld se tweede grootste ekonomie en die wêreld se grootste […]
# Sokker: Bayern Munich het die 15-malige kampioene, Real Madrid, met 4-3 verslaan in die Kampioeneliga se tweede kwarteindronde-wedstryd in München en na die halfeindronde deurgedring. Madrid het drie keer die telling gelykop gemaak, maar Bayern het elke keer gereageer. Doele deur Luis Díaz en Michael Olise laat in die wedstryd was bepalend en Bayern […]