# Die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee waarsku dat konflik in 12 van die huidige 13 honger-brandpunte die grootste oorsaak van die hongersnood is. Vandag leef 1,4-miljoen mense in ses lande onder rampspoedige toestande wat nege keer meer is as in 2016. In lande soos Soedan, die Demokratiese Republiek die Kongo, Jemen en Gaza, staar 266-miljoen mense erge hongersnood in die gesig. Die VN Menseregte-hoof, Volker Türk, sê beperkings op humanitêre hulp en aanvalle op hulpwerkers vernietig die laaste kans op hulp aan mense in oorloggeteisterde lande.
VN sê konflik lei tot hongersnood in lande soos Soedan, die DRK en in Gaza