# Die Departement van Binnelandse Sake sê een van die Zimbabwiese immigrante by die Musina-repatriasiesentrum in Limpopo word van moord verdink en is in aanhouding. Geen verdere besonderhede is oor die voorval bekend nie. Die departement het die repatriasie van Malawiese en Zimbabwiese burgers by die sentrum oor die naweek bespoedig. Limpopo se bestuurder van […]
# Die Werkloosheidsversekeringsfonds sê Business Unity South Africa se besluit om sy verteenwoordigers van die WVF-raad en verwante strukture by NEDLAC te onttrek, ondermyn die noodsaaklike maatskaplike dialoog tussen die regering-, sake- en arbeidsektore. BUSA sê sy besluit volg ná ses jaar van herhaaldelike waarskuwings oor wanadministrasie en voortgesette pogings om hervorming te ondersteun in […]
# Rusland het vroeg vanoggend nog ʼn vlaag missiel-aanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en omliggende distrikte uitgevoer en minstens agt mense beseer. Talle woongeboue is getref. Die aanvalle het plaasgevind nadat Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, gister gewaarsku het Rusland beplan ʼn massiewe nuwe aanval. Moskou het Donderdag ʼn aanval op Kiëf uitgevoer waarin […]
# Tennis: Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na sy 17de Wimbledon-kwarteindstryd nadat hy die Russiese kwalifiseerder Roman Safiullin verslaan het. Die Serwiër se 106de oorwinning verbeter Roger Federer se rekord vir die toernooi. Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner van Italië, het die Japannese kwalifiseerder Shintaro Mochizuki verslaan om deur te dring na die […]
# Krieket: Australië het Engeland op Lord’s met sewe paaltjies verslaan en hul rekord verbeter met ʼn sewende T20- Wêreldbeker-titel vir vroue. Engeland se kaptein, Nat Sciver-Brunt, het ʼn onoorwonne 58 bygedra tot die gasvrou se 150 vir vier. Beth Mooney het geskitter met 64 van 49 balle en Australië het die teiken gehaal met […]
The headlines of the leading newspapers on 06 July 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the government is looking for alternative funding sources to support the expansion of Higher Education. The National Student Financial Aid Scheme is facing increasing financial constraints despite increased budgets. # And the Netwerk24 website: Reports a teacher from Lotus Gardens […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 06 Julie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering soek alternatiewe befondsingsbronne om die uitbreiding van Hoër Onderwys te ondersteun. Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente staar toenemende finansiële beperkings in die gesig ten spyte van verhoogde begrotings. # En die Netwerk24-webblad: Berig ‘n onderwyser van […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy verskil van Amerika se visepresident, JD Vance, se opmerkings dat Amerika Israel se enigste bondgenoot in die wêreld is. Vance het Israel gekritiseer omdat hy weier om uit Libanon te onttrek. Israel gaan voort met aanvalle op die terroristegroep, Hisbolla, in die suide van Libanon. Dit […]
# Motorsport: Ferrari se renjaer, Charles Leclerc, het sy eerste oorwinning van die seisoen behaal toe hy ʼn chaotiese Britse Grand Prix gewen het. Die kampioenskaps-voorloper, Kimi Antonelli, was op koers om te wen, maar het die sege misgeloop weens ʼn tegniese probleem met sy Mercedes. Max Verstappen van Red Bull moes onttrek met vier […]