# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vandag sy Mediumtermyn-begrotingsrede en die DA sê Suid-Afrika het beter besteding, vinniger hervorming en groter aanspreeklikheid nodig. Ekonome verwag dat Godongwana ʼn verbetering in die land se fiskale posisie sal aankondig met die begrotingstekort wat moontlik kleiner is en die primêre begrotingsoorskot wat beter as verwag is. Die DA sê hy sal die begroting op vyf belangrike punte beoordeel: stabiliseer staatskuld, stel ʼn fiskale reël as wet, bestee geld op die regte dinge, bespoedig hervorming en maak mislukte munisipaliteite reg.
DA sê hy sal die mediumtermynbegroting op vyf punte beoordeel