# Ten minste 107 mynwerkers is dood na ‘n grondstorting by ‘n informele goudmyn in Zamboye in die weste van die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Die owerhede glo die ineenstort van ondergrondse tonnels waar mense gewerk het, kan moontlik die oorsaak wees. Reddingswerkers werk onverpoosd om liggame en moontlike oorlewendes te vind. Hulle is waarskynlik burgers van […]
# Rugby: Suid-Afrika se Verenigde Rugbykampioenskap-speler van die seisoen, Embrose Papier, het twee groot eerbewyse gewen op die Bulle se jaarlikse toekennings. Die Springbok-skrumskakel is aangewys as spelers se Speler van die Jaar en die Senior Waardevolste Speler. Die losvoorspeler Jeandré Rudolph is 2025 se Curriebeker-speler van die Jaar en Voorspeler van die Jaar in […]
# Die Kommissaris van Polisie in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, sê Suid-Afrika se korrektiewe instellings is die broeiplek vir misdaad en bendes. Hy het gister die Parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie ingelig as deel van ‘n beraad oor bendeverwante geweld. By die beraad was slagoffers van bendeverwante geweld, burgerlike organisasies, gemeenskaporganisasies en individue wat daagliks werk om […]
# Advokaat Thandazani Madonsela sê president Cyril Ramaphosa se teenkanting oor sy aanstelling as die Ampsklagkomitee se getuienisleier is nie op feite gebaseer nie. Ramaphosa maak beswaar teen Madonsela as getuienisleier en voer aan daar is botsende belange weens sy besluit in 2022 om hom van die Regterlike Dienskommissie te verwyder. Hy sê Madonsela het […]
# President Donald Trump sê Amerika het “ʼn baie regverdige” handelsooreenkoms met Kanada bereik. Onderhandelaars het gister vergader nadat Trump die instelling van 50-persent-tariewe op ʼn reeks Kanadese produkte voorlopig uitgestel het. Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê hulle werk aan ʼn ooreenkoms waar die beste bepalings ingesluit word by elke land se belangrikste […]
The headlines of the leading newspapers on 20 August 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the DA MP Mark Burke has recused himself from Parliament’s Finance committee while the South African Reserve Bank investigates a company of which he is a beneficiary. Burke faces serious investigations over allegations that fintech company Kastelo moved four-billion-rand overseas […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 20 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die DA-parlementslid, Mark Burke, het homself onttrek aan die Parlement se Finansieskomitee terwyl die Suid-Afrikaanse Reserwebank ‘n maatskappy ondersoek waarvan hy ‘n begunstigde is. Burke staar ernstige ondersoeke in die gesig oor bewerings dat die fintech-maatskappy Kastelo sowat vier-miljard-rand […]
# Die ANC sê die DA-voorsitter van federale Finansies, Mark Burke, se verwydering uit die Parlement se finansies-komitees onthef hom nie van aanspreeklikheid nie. Dit het Maandag aan die lig gekom dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die beleggingsfirma, Kastelo, ondersoek weens vermeende oortreding van valuta-beheermaatreëls. Burke is ʼn eienaar en stigter van die maatskappy wat tans […]
# Gauteng se LUR van Onderwys, Lebogang Maile, sê die departement sal voortgaan met pogings om veiligheid by skole te versterk en dwelmmisbruik, gevaarlike wapens en ander verbode items in skole te bekamp. Hy was gister by ʼn onaangekondigde soek-en-beslagleggingsbesoek onder leiding van die Suid-Afrikaanse Polisiediens by drie hoërskole in Alexandra. Hulle het beslag gelê […]