# ‘n Keniaanse Hooggeregshof het die kultusleier, Paul Mackenzie, en 30 medebeskuldigdes skuldig bevind aan die moord op 190 kinders en een volwassene. Aanklaers het aangevoer dat Mackenzie en sy kerk, die Good News International Church, hul volgelinge beveel het om hulself en hul kinders tot die dood te verhonger, sodat hulle hemel toe kan gaan, voor die einde van die wêreld. Regter Diana Kavedza-Mochache het tydens die uitspraak gesê Mackenzie en sy medepastore se leerstellings het volgelinge die regeringsbeleid laat verwerp om ‘n uiterste geloofstelsel aan te neem wat basiese menseregte skend. Vonnisoplegging sal op 6 November plaasvind.
Keniaanse kultusleier skuldig bevind aan die moord op 190 kinders en een volwassene