Skip to content

Ouditeur-generaal onthul volgehoue nie-nakoming in verkryging in provinsiale Onderwysdepartemente

# Die Ouditeur-generaal se kantoor sê nie-nakoming in verkryging en gevolgebestuur, strategiese beplanning en prestasiebestuur bly ʼn probleem in die onderwyssektor. Vrugtelose en verkwistende uitgawes het toegeneem van 7,48-miljoen-rand in 2024/25 tot 175,6-miljoen-rand in 2025/26, met die Vrystaat die grootste bydraer. Die Gautengse Onderwysdepartement het die meeste bygedra tot die 20,7-miljard-rand se onregmatige uitgawes wat provinsiale Onderwysdepartemente in die boekjaar tot einde Maart aangegaan het. Die Ouditeur-generaal sê volgehoue nie-nakoming met verkryging kan leer en onderrig negatief raak.