# Krieket: Australië is in beheer van die tweede toets, met Suid-Afrika op 95 vir vyf teen die einde van die tweede dag in Gqeberha. Weens swaar reën oornag kon spel gister eers om 15:45 hervat word – ses uur na die geskeduleerde tyd. Die Proteas, wat die tweede dag op 20 vir twee hervat het, het vinnig drie paaltjies verloor, terwyl kaptein Temba Bavuma en Ryan Rickelton ’n vennootskap van 52 om die vyfde paaltjie opgebou het. Sowat 145 boulbeurte is tot dusver weens die weer verloor, maar daar word vir die volgende paar dae slegs minimale reën voorspel.
Krieket: Australië in beheer van die reën-geteisterde tweede toets teen die Proteas