# Sokker: Die verdedigende kampioen, Argentinië, het ‘n agterstand van twee doele in Atlanta ingehaal om Egipte met 3-2 te verslaan in die Wêreldbekertoernooi se ronde van 16. Egipte het langer as ʼn uur voorgeloop na Yasser Ibrahim en Mostafa Ziko se doele. Cristian Romero het in die 79ste minuut vir Argentinië verdoel, kaptein Lionel Messi […]
# Die groep teen immigrasie, March and March, se nasionale uitvoerende komitee het ʼn aksieplan vir die volgende drie maande bekendgestel wat nog betogings, plakkaat-betogings en blits-operasies in belangrike ekonomiese sentrums in Suid-Afrika insluit. Teenkanting teen onwettige immigrante in die land het die afgelope maande skerp toegeneem. Die beweging sê hy wil met rolspelers en […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is meetbare vordering in optrede teen afpersing en intimidasie in die boubedryf. Volgens die bedryf word ongeveer 180 openbare infrastruktuurprojekte ter waarde van 63-miljard-rand weens afpersing, intimidasie of geweld vertraag. Die bou-mafia is veral bedrywig in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap. Macpherson sê […]
# Die ANC in die Groter Johannesburg-streek sê die Openbare Beskermer se verslag oor regering- en diensleweringsmislukkings in die Stad Kaapstad, verwoes die sorgvuldig vervaardigde mite dat die DA beter regeer. Advokaat Kholeka Gcaleka van die Openbare Beskermer het bevind die metro het versuim om basiese munisipale dienste aan inwoners van Langa en Khayelitsha te […]
# President Volodymyr Zelensky het sy oproep herhaal vir Oekraïne om by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan te sluit, en sê sy land is ‘n bron van buitengewone verdedigingsvermoë vir die alliansie. Hy het gister die jaarlikse NAVO-beraad in Ankara, Turkye, toegespreek. Oekraïne se hoop om ‘n lid van NAVO te word, bly ‘n uitdaging, met […]
# Tennis: Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het Felix Auger-Aliassime in die langste kwarteindstryd in Wimbledon se geskiedenis geklop om sy 15de halfeindstryd te haal. Die Serwiër het die Kanadees in vyf-uur-15-minute verslaan en speel volgende teen die verdedigende kampioen, Jannik Sinner van Italië, wat die Duitser Jan-Lennard Struff geklop het. In die vroueafdeling het […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Julie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Tesourie het die fondse van 69 munisipaliteite landswyd bevries weens finansiële wanbestuur. Die koerant skryf die fondse vir Julie vir stede soos Johannesburg en Buffalo City word teruggehou om fiskale dissipline af te dwing. # En die Netwerk24-webblad: […]
The headlines of the leading newspapers on 08 July 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports Treasury has frozen the funds of 69 municipalities nationwide due to financial mismanagement. The paper writes the funds for July for cities such as Johannesburg and Buffalo City are being withheld to enforce fiscal discipline. # And the Netwerk24 website: […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake verwelkom Nasionale Tesourie se besluit om 69 munisipaliteite se fondse vir Julie voorlopig te weerhou. Dit sluit die Stad Johannesburg, Nelson Mandelabaai, Mangaung en Matjhabeng in. Tesourie sê die weerhouding van fondse moet fiskale dissipline vestig, seker maak staatsgeld word behoorlik bestuur en munisipaliteite dwing […]