# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens sê hy vorm deel van ‘n uitdagende en wisselvallige lugvaartomgewing, waar geopolitieke ontwikkelinge bydra tot hoër bedryfskoste, veral wat brandstof betref. Dit kom te midde van berigte dat die staatslugredery sy personeel ingelig het dat hul salarisse vir Oktober, vir die tweede agtereenvolgende maand, laat betaal sal word. SAL-woordvoerder Mphilo Dlamini het aan TimesLive gesê die bestuur het breedvoerig met werknemers oor die kwessie geskakel. Daar is verduidelik dat die maatreëls wat getref word, daarop gemik is om die volhoubaarheid van die onderneming en sy vermoë om voortaan sake te doen, te verseker.
SAL sal volgens berigte vir die tweede agtereenvolgende maand werknemers se salarisse laat betaal