Skip to content

BEGROTING: Inkomstediens-kommissaris sê KI-agente sal help met invordering en nakoming [KLANK]

# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê volhoubare inkomste-groei hang uiteindelik af van ekonomiese groei, belegging, werkskepping en nakoming. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het in die Mini-begroting die geraamde inkomste aangepas van 2,14-duisend-miljard-rand in 2026/2027 tot 2,53-duisend-miljard-rand in 2029/2030. Makhubu sê hulle span kunsmatige-intelligensie-agente in om die res van die jaar met invordering en nakoming te help. Hy sê elke rand wat deur nakoming herwin word, beskerm eerlike belastingbetalers:

ENG MakhubuOnAIAgents