# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê geen land is immuun teen Ebola nie, en hoewel geen gevalle in Suid-Afrika aangemeld is nie, bly die land op hoë gereedheidsgrondslag. Die Demokratiese Republiek die Kongo is steeds die middelpunt van die uitbreking. Dit het reeds vier-duisend-600 lewens geëis van meer as nege-duisend-500 gevalle. Gevalle is ook in Nigerië, Kenia en Uganda aangemeld. Motsoaledi sê 24 openbare en 12 privaat hospitale kan moontlike Ebola-gevalle hanteer:
Minister Motsoaledi sê geen Ebola-gevalle is in Suid-Afrika opgespoor nie [KLANK]
ENG MotsoalediOnEbolaHospitals