The headlines of the leading newspapers on 09 July 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports National Treasury is investigating transversal contracts. This follows evidence found on a phone by the Madlanga Commission linking a former chief executive, Molefe Fani, to alleged bribery and contract manipulation. # And the Netwerk24 website: Reports Johannesburg mayor, Dada Morero, […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê langdurige swak plekke in die openbare gesondheidstelsel moet dringend aangespreek word. Dit volg nadat die Gesondheidsombud bevind het die dood van ses gesondheidswerkers by mediese instellings in KwaZulu-Natal was nie die gevolg van swak werksomstandighede of afknouery en viktimisasie in die werkplek nie. Die ondersoek het wel […]
# Die prokureur, Peet Viljoen wat van die rol geskrap is, sê hy gaan die Nasionale Vervolgingsgesag vir 500-miljoen-rand dagvaar weens onregmatige vervolging. Hy staar minstens 400 aanklagte in die gesig, insluitend bedrog, korrupsie en diefstal wat verband hou met die vermeende bedrieglike verkope van 46 eiendomme van die Johannesburg Eiendom-maatskappy. Viljoen het gister aan […]
# Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se groeivooruitsig sal waarskynlik bestendig bly en verbeter te midde van versterkte beleidsraamwerke en voortgesette strukturele hervorming. Die IMF verwag die land se ekonomiese groei sal vanjaar op 1,1-persent dieselfde wees as in 2025. Dit bly egter laer as die Suid-Afrikaanse Reserwebank se skatting van 1,2-persent. Die IMF […]
# President Donald Trump van Amerika dreig met nog aanvalle op Iran en waarsku dat noodsaaklike burgerlike infrastruktuur geteiken kan word. Amerika se Sentrale Bevel het bevestig dat die weermag Dinsdagnag meer as 80 teikens getref het. Dit sluit meer as 60 klein bote van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps in die Straat van Hormoes in. […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê finansiële beheermaatreëls het verbeter ten spyte van toenemende skuld- en diensleweringsdruk. Die Nasionale Tesourie het tydelik 13,5-miljard-rand se toekennings teruggehou wat bedoel is vir 69 munisipaliteite landwyd, insluitend 3,6-miljard-rand vir Johannesburg. Die doel is om fiskale dissipline te vestig en munisipaliteite te dwing om ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose […]
# Die Nasionale Tesourie het ‘n forensiese ondersoek van stapel gestuur na bewerings van onbehoorlike gedrag wat ‘n voormalige senior werknemer betrek. Dit volg op bewyse by die Madlanga-kommissie dat ‘n voormalige verkrygingsbeampte, Molefe Fani, die toekenning van transversale kontrakte van miljarde rand onbehoorlik beïnvloed het. Transversale kontrakte is groot verkrygingsooreenkomste wat deur die Kantoor […]
# Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het die Russiese Olimpiese Komitee se skorsing voorwaardelik opgehef en Russiese atlete kan nou aan sommige span-items en kwalifiserende kompetisies deelneem voor 2028 se Olimpiese Spele in Los Angeles. Die Russiese vlag en volkslied word steeds verbied. Die IOK se president, Kirsty Coventry, sê ʼn atleet se deelname […]
# Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, het grondwetlike wysigings onderteken wat die presidensiële termyn van vyf tot sewe jaar verleng. Dit beteken die 83-jarige Mnangagwa bly tot 2030 aan bewind. Albei huise van die Parlement het die omstrede wysigings verlede maand aanvaar. Die omvattende veranderings wat kritici ʼn “grondwetlike staatsgreep” noem, sluit ook in dat […]