Skip to content

Oliepryse hoogste in vyf maande nadat aanvalle in Saoedi-Arabië en Straat van Hormoes voortduur

# Oliepryse het gister die hoogste vlak in vyf maande bereik toe Brent-ruolie, die internasionale standaard vir oliepryse, met drie-persent tot 112-dollar per vat gestyg het. Dis die hoogste sedert 18 Mei. Dit volg nadat Jemen se Iran-gesteunde Houthi’s aanvalle op Saoedi-Arabië verskerp het en vier vaartuie wat onwettig olie in die noordelike Golf vervoer, in die Straat van Hormoes getref is. President Donald Trump sê Amerika sal nie Iran voor die middeltermyn-verkiesing aanval nie, maar kan Iran se kernfasiliteite moontlik in die toekoms teiken.