Die ANC verwelkom die Mini-begroting, en loof veral die tien-miljard-rand aan brandstofverligting, asook die voortgesette ondersteuning vir meer as 18-miljoen ontvangers van toelaes. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het gister die Mini-begroting in die Parlement voorgelê waar hy ʼn verlaging in die algemene brandstofheffing aangekondig het. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die minister is reg wanneer hy sê die doel is nie net om meer te bestee nie, maar om beter te bestee, en elke rand moet harder werk vir die mense:
BEGROTING: Mbalula sê ANC ondersteun Mini-begroting sonder huiwering [KLANK]
ENG MbalulaOnPeopleBudget