# Suid-Afrika se groot munisipaliteite ervaar ernstige finansiële druk weens ‘n onvermoë om skuld te bestuur, infrastruktuur wat verval, en ‘n gebrek aan langtermyn administratiewe beplanning. Die Paternoster Group City Risk Monitor het die land se agt metropolitaanse munisipaliteite, asook Mbombela en Polokwane, beoordeel. Vier risikogebiede is ondersoek: finansiële volhoubaarheid; infrastruktuur en dienste; die ontwikkelingsomgewing; en politieke/institusionele risiko. ‘n Stigtersvennoot van die groep, Lawson Naidoo, het aan Polity.org gesê strukturele en finansiële tekortkominge beperk ekonomiese groei aktief en verswak beleggersvertroue:
City Risk Monitor toon munisipaliteite in finansiële nood verswak beleggersvertroue [KLANK]
ENG NaidooOnMunicipalities