Skip to content

Rugby: Stormers verwerp JJ Kotzé se voorgestelde skorsing van drie weke

# Rugby: Die Stormers het die haker JJ Kotzé se voorgestelde skorsing van drie weke verwerp. Hy het ‘n rooikaart ontvang in verlede naweek se Kampioenebeker-wedstryd teen Bristol Bears in Kaapstad vir ‘n gevaarlike duikslag op die skrumskakel Kieran Marmion terwyl hy sy doellyn verdedig het. Die Stormers het 49-12 gewen. ‘n Vuilspel-hersieningskomitee het weer na die voorval gekyk en die skorsing aanbeveel. Die saak sal nou deur ‘n volle regspaneel oorweeg word, met ‘n virtuele verhoor later vandag.