Skip to content

Krieket: Proteas in goeie posisie om toetsreeks teen Australië gelykop te maak

# Krieket: Australië het 156 vir vier aangeteken in hul tweede beurt op die voorlaaste dag van die tweede toets teen Suid-Afrika in Gqeberha en kort nog 170 lopies. Die Protea-boulers het die besoekers in hul eerste beurt op 99 almal uitgehaal met Marco Jansen wat vyf paaltjies platgetrek het. Suid-Afrika het hul eerste beurt op 425 gesluit verklaar met ʼn massiewe 326 lopie-voorsprong. Travis Head hervat vandag op 87 en Scott Boland op twee terwyl hulle probeer om Australië in die toets te hou.