Skip to content

Media-organisasies sê die werk van die Madlanga-kommissie kan nie deur bewerings van vertroulikheid opsygeskuif word nie

# Die media-organisasies, amaBhungane, News24 en Daily Maverick het daarteen gewaarsku om intelligensie-agentskappe toe te laat om voor te skryf watter inligting aan die Madlanga-kommissie bekend gemaak word. Dit gaan oor ‘n in camera-aansoek van die hoof van die nasionale intelligensie-koördineringskomitee, Ntandazo Sifolo. Getuienisleiers het aangevoer dat sy getuienis sensitiewe inligting bevat wat agter geslote deure aangehoor moet word. Die mediahuise sê vertroulikheidseise kan nie die openbare belang in die kommissie se werk opsy skuif nie. Hulle sê ‘n private verhoor kan die kommissie se finale verslag beïnvloed.