# Sowat 400 skole en ander opvoedkundige instellings in Frankryk sal na verwagting vandag gesluit bly met leerderbetogings oor onderwysertekorte en vervalle skoolgeboue wat in sekere gebiede gewelddadig geraak het. Die betogings het verlede maand in die Parys-omgewing en landwyd versprei. Tientalle mense is beseer en die polisie het reeds honderde in hegtenis geneem. Betogers […]
# Thembisile Xulu is die Departement van Gesondheid se nuwe direkteur-generaal. Sy het die pos amptelik aanvaar nadat die kabinet haar in Augustus aangestel het. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Xulu is ‘n gekwalifiseerde dokter en het voorheen as uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad gedien. Hy sê sy was langer as […]
# Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, waarsku vroue en meisies ly steeds buitensporige skade en word dikwels uitgesluit van besluite wat hul veiligheid raak. In 2024 het bykans 676-miljoen vroue en meisies binne 50 kilometer van konflikgebiede gewoon. Dit is die hoogste syfer sedert die einde van die Koue Oorlog. Türk […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudings vra Amerika om te onderskei tussen die Suid-Afrikaanse regering en gewone burgers as hy veranderings aan sy buitelandse beleid oorweeg. Die organisasie het sy jongste opname met die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gedeel, wat toon baie Suid-Afrikaners deel nie die regering se standpunte rondom raswette en ander […]
# Die 14de Joburg Indaba sal leiers van meer as 15 groot mynmaatskappye, die regering, staatsondernemings en kundiges uit die bedryf bymekaar bring om uitdagings en geleenthede in die mynbedryf te bespreek. Die geleentheid vind op 7 en 8 Oktober in Johannesburg plaas. Besprekings sal handel oor geopolitieke risiko’s, die plaaslike regeringsverkiesing, mynbeleid, beleggersvertroue en […]
# Die Stad Johannesburg het sy program vir Oktober as Vervoermaand bekendgestel, met die fokus op padveiligheid, groenvervoer, toeganklikheid en digitale innovasie. Die program, wat oor die hele maand strek, sluit in padveiligheidsveldtogte, inspeksies van voertuig- en bestuurdersgeskiktheid, en inisiatiewe om pendeldienste te verbeter. Metrobus sal ook sy oorskakeling na elektriese busse ten toon stel, […]
# Die DA in Limpopo het ‘n klag by die Verkiesingskommissie ingedien en die ANC daarvan beskuldig dat hy ‘n amptelike regeringsgeleentheid vir partypolitieke doeleindes gebruik het. Volgens die party was die premier Phophi Ramathuba, Dinsdag by ‘n amptelike huisoorhandiging in Modimolle-Mookgophong, maar foto’s toon haar saam met ANC-ampsdraers in ANC-kleure. Jacques Smalle van die […]
# Die Riversdal-sonkragaanleg is amptelik in die Wes-Kaap in gebruik geneem. Die aanleg voeg hernubare energie en batteryberging tot die plaaslike elektrisiteitstelsel. Die aanleg beskik oor ‘n sonkragkapasiteit van tien megawatt, kan tot 15-miljoen kilowatt-uur per jaar opwek met ‘n batterybergingstelsel van tien megawatt-uur. Thomas Walters van die DA sê die projek sal afhanklikheid van […]
# Die Stad Johannesburg het ‘n nuwe beleid goedgekeur om ontwikkeling en dienste in informele nedersettings te verbeter. Elke inwoner sal ‘n profiel bekom en huishoudings sal identifikasienommers kry om te help met die bestuur van inligting oor die nedersetting. Die beleid maak ook voorsiening vir planne vir paaie, gemeenskapsfasiliteite en toekomstige dienste, asook tydelike […]