# DA-leier Geordin Hill-Lewis sê sukkelende metro’s sal eers hul geldsake en basiese dienste moet herstel voor groter infrastruktuurprojekte aangepak kan word, insluitend die regmaak van slaggate, straatligte en verkeersligte. Hy het aan die SABC gesê grootskaalse infrastruktuur-herstelwerk sal miljarde-rand kos. Die DA werf intussen kiesersteun in metros soos Johannesburg, Kaapstad, Nelson Mandelabaai en eThekwini. […]
# Twee plaasaanvalle het kommer laat ontstaan oor landelike veiligheid in Stellenbosch en die Kaapse Wynland. Volgens berigte het ‘n hoogs-gekoördineerde aanval die naweek in die Klapmuts-gebied plaasgevind waar ses gewapende mans by ‘n plaashuis ingebreek, ‘n egpaar aangeval en vasgebind en waardevolle besittings gesteel het. Polisiewoordvoerder Frederick van Wyk het bevestig dat ‘n egpaar […]
# Die burgemeester van eThekwini, Cyril Xaba, sê die GO!Durban-busdiens sal in Desember in werking gestel word. Dit volg op ‘n ooreenkoms tussen die stad en die provinsiale en nasionale Departemente van Vervoer. Xaba sê die stad sal 22 busse aanskaf wat op die hoof GO!Durban-roete sal werk, terwyl toevoerroetes deur voertuigbedryf-ondernemings bedryf sal word:
# Die Beaufort-Wes-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê dit bly onduidelik wanneer watervoorsiening ten volle herstel sal wees nadat kitsvloede verlede week die hoofpypleiding beskadig het. Watertenkwaens van naburige munisipaliteite help intussen inwoners wat geraak word, terwyl ‘n gesamentlike bedryfsentrum noodreaksie bestuur. Die waarnemende munisipale bestuurder, Frans Sabbat, sê die pypleiding is steeds onder water, wat […]
# Die toonaangewende handelsliggaam Eurometal voorspel Europa kan teen einde vanjaar 300-duisend vervaardigingsposte verloor weens toenemende mededinging vanuit China. China se vervaardigingsuitvoere na die Europese Unie het die EU se handelstekort tot ‘n rekordvlak van 18,52-miljard-rand per dag laat styg. Eurometal se president, Alexander Julius, sê die probleem word vererger omdat Europese ondernemings hoë koolstofbelasting […]
# Die vakbond GIWUSA vra die regering om dringend ‘n omvattende nasionale klimaatnoodvoorbereidingsplan te publiseer oor die uitwerking van die komende Super El Niño. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku Suid-Afrika sal na verwagting hierdie lente ‘n ondergemiddelde reënval en bogemiddelde temperature ervaar, namate ‘n sterk El Niño-verskynsel in die Stille Oseaan ontwikkel. GIWUSA se president Mametlwe […]
# Business Leadership South Africa sê sakevertroue bly ver agter, hoewel talle tekens daarop dui hervormings bou stukrag op. Sakevertroue het in die derde kwartaal tot 38-persent gedaal, met 62-persent van deelnemers wat ontevrede is met die heersende sake-omgewing. Uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê die belangrikste positiewe ontwikkeling is die Nasionale Tesourie wat voorstelle van […]
# Krieket: Australië het ʼn sterk groep van 16 spelers aangekondig vir volgende maand se reeks van drie toetse in Suid-Afrika. Kaptein Pat Cummins, Josh Hazlewood, Mitchell Starc en Nathan Lyon sal die boul-aanval lei, terwyl Steve Smith die kolwers lei. Die kolwer Marnus Labuschagne, wat tans nie op dreef is nie, het sy plek […]
# Die Gautengse Wetgewer se Gemeenskapsveiligheidskomitee het ernstige kommer uitgespreek oor die toename in misdaad in Honeydew, wat as die provinsie se swakste polisiestasie aangewys is. Moord het met elf-persent toegeneem, seksuele oortredings met 22-persent en aanranding met die doel om ernstig te beseer met 26-persent. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê bendegeweld vererger onsekerheid. Hy […]