Skip to content

Dieselpryse kan dalk volgende maand daal, maar petrolsituasie is onseker

# Dieselpryse kan volgende maand aansienlik daal, maar die situasie met petrolpryse is steeds onseker. Dit volg op die regering se besluit om brandstofheffings tydelik te verlaag. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het Woensdag ‘n verlaging van drie-rand per liter vir diesel en een-rand-50 sent vir petrol aangekondig. News24 berig dat data van die Sentrale Energiefonds aandui dat dieselpryse begin November met ongeveer een-rand-70 sent per liter kan daal, terwyl petrolpryse onveranderd kan bly of met ‘n maksimum van 23-sent per liter kan daal.