# Die DA sê van die water- en elektrisiteitsinfrastruktuur in Tshwane word nie meer beveilig nie na munisipale veiligheidskontrakte gister verstryk het nie. Die party vra die stad om dié terreine dringend te beveilig, veral terwyl Tshwane steeds worstel met kragprobleme ná skade aan die Njala-toevoerstasie. Die DA-lid, Cilliers Brink, sê inwoners en privaat veiligheidsondernemings […]
# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika het sy ondersoek na die bekostigbaarheid van telekommunikasiedienste herbekendgestel. Dit sal stem- en datakoste ondersoek, veral vir lae-inkomste huishoudings, landelike gemeenskappe, jongmense en informele werkers. OKOSA sê bekostigbaarheid bly ‘n hindernis vir digitale insluiting ten spyte van uitgebreide netwerkdekking. Die ondersoek sal bedryfsdata, verbruikersopnames, openbare kommentaar en verhore insluit. […]
# Die Amerikaanse Departement van Verdediging oorweeg dit om sy gebruik van outonome toesigbote langs die Rio Grande en in die Golf van Mexiko uit te brei. Die sonkragaangedrewe vaartuie, wat ongeveer so groot soos kano’s is, word sedert Januarie gebruik om onwettige migrante en dwelmhandelaars op te spoor. Die huidige vloot bestaan uit 10 […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê drie onderwysers in die provinsie het eerbewyse ontvang op die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in Johannesburg. Die wenners is Mthobi Fihla van die Phakamisani Primary School in Plettenbergbaai, Danielle Bosch van Laerskool Koos Sadi in Goodwood en Hortense Stegmann van die Laerskool Welgemoed. Die drie was deel van 15 onderwysers wat […]
# Rugby: Babalwa Latsha keer terug as die vaskopstut en kaptein van die Springbok-vrouespan vir Sondag se toetswedstryd in die Women’s-15 Global Series teen Spanje in Sevilla. Sy ruil plekke met Nombuyekezo Mdliki, wat op die bank begin. Die afrigters, Laurian Johannes-Haupt en Franzel September, het min veranderinge aangebring aan die span wat Italië verlede […]
# Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsopwekking het in Augustus met 7,1-persent afgeneem. Kragverbruik het ook met 1,1-persent gedaal vergeleke met Augustus verlede jaar. Seisoensaangepaste elektrisiteitsopwekking het maandeliks met 0,2-persent afgeneem, terwyl kragverbruik met 0,3-persent toegeneem het. Woordvoerder Tsholofelo Ditinti sê elektrisiteitsopwekking het in die drie maande tot Augustus met 0,9-persent afgeneem, terwyl elektrisiteitsverbruik oor dieselfde tydperk […]
# Krieket: Kolwers kan nou met vyf lopies gestraf word indien hulle tyd mors. Die Internasionale Krieketraad se nuwe speelvoorwaardes bepaal ‘n kolwer sal ‘n waarskuwing kry as hy te lank neem om gereed te maak vir die volgende aflewering, ‘n finale waarskuwing vir ‘n tweede oortreding, en ‘n straf van vyf lopies vir ‘n […]
# Sokker: Nog ‘n Spaanse klub behoort nou aan die Argentynse held Lionel Messi. Hy het die meerderheidsbelang van die tweedeliga-span CD Eldense bekom nadat hy vroeër in UE Cornellà belê het. Die 39-jarige Messi, wat verlede maand uit internasionale sokker getree het, speel steeds vir die Amerikaanse klub Inter Miami. Hy het Eldense se […]
# Statistiek Suid-Afrika sê die aantal likwidasies het in Augustus met 15,3-persent afgeneem, vanaf 268 tot 227. Twee-en-dertig ondernemings het gelikwideer en likwidasies van beslote korporasies het met nege afgeneem. Woordvoerder Onica Mushwana sê likwidasies was 13,7-persent minder in die drie maande tot Augustus, en 6,4-persent in die eerste agt maande vanjaar, vergeleke met dieselfde […]