# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag ‘n reuse-aanslag van die All Blacks in Saterdag se vierde en laaste toets in Baltimore. Hy het twee veranderings gemaak aan sy opdrafspan – Damian Willemse vervang die beseerde Cheslin Kolbe op heelagter, en Morné van den Berg begin op skrumskakel, met Cobus Reinach op die bank. Erasmus glo […]
# ‘n Multidissiplinêre klopjag om honderde ongedokumenteerde buitelandse burgers in KwaSithebe, noord van KwaZulu-Natal vas te trek, het niks opgelewer nie. Amptenare van die provinsiale regering, die polisie en ander staatsinstellings het vanoggend ‘n klopjag op fabrieke in Mandeni uitgevoer ná inligting dat honderde ongedokumenteerde buitelandse burgers onwettig daar in diens is. Geen ongedokumenteerde werkers […]
# Sokker: België sal nie Gianni Infantino se herverkiesing as FIFA-president ondersteun nie, tensy hulle ‘n bevredigende verduideliking ontvang oor die hantering van die Amerikaanse doelskieter Folarin Balogun se rooi kaart tydens die Wêreldbeker. FIFA het die outomatiese rooi kaart opgeskort, blykbaar nadat president Donald Trump as mede-gasheerland met Infantino gepraat het waarna Balogun toegelaat […]
# Huishoudings in Gauteng sal van 7 tot 14 September beplande kragverminderings ondervind. Volgens Eskom sal die krag daagliks tussen 5-uur- en 9-uur soggens, en weer tussen 5-uur- en tien-uur saans afgeskakel word. Gebiede soos Vereeniging, Sharpeville en Sebokeng is vanoggend geraak, met Orange Farm, Stretford-uitbreiding 2, Sharpeville, Sebokeng, Zonkizizwe, Protea-Suid, Chiawelo, Protea-Noord en Nooitgedacht […]
# Die sakeman Mpho Malema wat verbind word met Emfuleni in Gauteng se munisipale vloot-tenderbedrogsaak van 16-miljoen-rand, bly in aanhouding. Hy het vlugtig in die Vanderbijlparkse Landdroshof verskyn. Die provinsiale taakspan vir politieke moorde het Malema Donderdag in hegtenis geneem. Sy onderneming het in 2022 die tender bekom om 18 voertuie aan die munisipaliteit te […]
# SANParke het die nuwe Letaba-hoogwaterbrug in die Krugerwildtuin ingewy tydens Toerismemaand en SANParke-week. Woordvoerder JP Louw het aan die SABC gesê die opgeknapte brug is ontwerp om toekomstige oorstromings en die gevolge van klimaatsverandering beter te weerstaan. Hy sê ‘n breër leivoor sal die watervloei verbeter. Die Letaba-ruskamp word ook stelselmatig heropen ná die […]
# ActionSA sê hy het ernstige bestuursgebreke in die Padongelukkefonds blootgelê nadat meer as 29-miljoen-rand aan 16 werknemers betaal is terwyl hulle geskors is, sommige reeds sedert 2024. Dit beloop ‘n gemiddeld van 1,82-miljoen-rand per werknemer sonder dat enige werk gedoen is. Alan Beesley van die party sê ‘n parlementêre antwoord toon drie werknemers is […]
# Die president van die Afrika Mayibuye-beweging, Floyd Shivambu, sê die party sal munisipaliteite se tenderstelsel skrap omdat dit grootliks verantwoordelik is vir korrupsie en swak dienslewering. Hy het party se plaaslike regeringsverkiesings-veldtog bekend gestel in Midrand, Gauteng. Shivambu sê politieke leiers gebruik dikwels tenders om hulself te verryk. Hy voer aan munisipaliteite moet die […]
# Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu has ordered unauthorised settler outposts in the West Bank to be dismantled. This comes amid pressure from the U.S. to crack down on settler attacks on Palestinians. The order applies to outposts established by settlers without official authorisation from the Israeli state. Outposts typically consist of prefabricated caravans and house […]