# Die operasionele direkteur van die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep, Cassey Chambers, het ‘n beroep gedoen op vinnige optrede om selfdood aan te spreek. September word tans as Seldoodvoorkomingsmaand erken. Chambers sê in ‘n onderhoud met die SABC selfdood is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder 15- tot 29-jariges, terwyl mans ongeveer 80-persent van […]
# Die AmaZulu-koning Misuzulu kaZwelithini is omgekrap omdat hy uitgesluit word van groot geleenthede wat in KwaZulu-Natal gehou word, insluitend die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsberaad in Durban. By die uMkhosi Womhlanga, ook bekend as die Rietdans, by die eMachobeni koninklike paleis in Ngwavuma, het die koning gesê dit is oneerbiedig om hoëprofiel-geleenthede in sy provinsie aan te […]
# Die Activists and Citizens Forum sê die kandidaatregistrasiegeskil tussen die ANC en die Verkiesingskommissie sal die kommissie se geloofwaardigheid toets. Die ANC hou vol dat hulle hul kandidaatlyste betyds ingedien het, maar tegniese probleme ondervind het. Die OVK ontken enige stelselprobleme, maar die ANC eis ‘n ondersoek en het gedreig om die Verkiesingshof te […]
# ActionSA het kommer uitgespreek oor berigte dat die DA oorweeg om die Kaapse raadslid Abdulkader “AK” Elyas na die Parlement of die Wes-Kaapse Wetgewer te bevorder. Die voorsitter van ActionSA in die Wes-Kaap, Dereleen James, sê Elyas is skuldig bevind in ‘n interne DA-tugproses aan die vervalsing van kwalifikasies en oneerlikheid. James doen ‘n […]
# Suid-Afrika se toerismebedryf ervaar die uitwerking van die Iran-oorlog, aangesien ontwrigtings in Midde-Oosterse lugroetes internasionale vlugte verminder. Besoekersgetalle uit China het jaar-op-jaar met 20-persent afgeneem, met ongeveer 40-persent van geskeduleerde Chinese sitplekke na Suid-Afrika wat verlore gegaan het. Bedryfsleiers sê reisigers wend hulle tot alternatiewe roetes, terwyl hoër brandstofkoste en vliegtuigkaartjies steeds kommer wek. […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement versterk die werksmag van sy Nood Mediese Dienste met 167 amptenare wat die Hoër Sertifikaat in Openbare Bestuur voltooi het. Die program, wat saam met Regenesys-sakeskool aangebied word, fokus op leierskap, bestuur en operasionele besluitneming. Daarbenewens het 117 Nood Mediese Sorg-studente gedurende die 2025/26-boekjaar met meer as 90 geslaag. Die woordvoerder […]
# MOVE SA, gelei deur sakeman Rali Mampeule, is amptelik in Johannesburg bekendgestel as ‘n nuwe politieke party in Suid-Afrika. Die party streef daarna om verantwoordbare leierskap en regering, ekonomiese geleenthede, verbeterde dienslewering en betekenisvolle burgerdeelname te bied. Die tydens die bekendstelling is MOVE SA se politieke visie, prioriteite en planne vir die land uiteengesit. […]
Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en Omgewing, Bernice Swarts, en die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, vier vandag Internasionale Skoonlugdag by die Molekwa-sportkompleks in Atteridgeville. Die viering verhoog die bewustheid van lugbesoedeling, afvalbestuur, klimaatsverandering en openbare gesondheid. Gemeenskapsbewustheidsveldtogte sal inwoners opvoed oor die gevolge van onwettige storting en oop verbranding, terwyl die veilige vernietiging van […]
# President Cyril Ramaphosa het die 12 polisiebeamptes vereer wat gedurende die afgelope boekjaar in die uitvoering van hul pligte dood is. Hy het tydens die SAPD-herdenking in Pretoria gesê die beamptes moet nie as statistieke onthou word nie, maar as familielede en kollegas. Ramaphosa sê polisieveiligheid is almal se verantwoordelikheid. Hy het gevra vir […]