# Rugby: Die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap wil voortbou op hul goeie begin van die seisoen. Die Stormers, die Bulle, die Leeus en die Haaie het almal oorwinnings behaal in die eerste ronde, maar ‘n uitdagende naweek lê voor. Die Stormers speel in Skotland teen Edinburgh, die Leeus in Johannesburg teen Ospreys, […]
# The South African Reserve Bank has appointed economist Franz Ruch as an adviser to its governors and the seventh member of the Monetary Policy Committee. It says in a statement he brings vast monetary policy to the position, returning from a postition at the World Bank where he served as senior economist. Ruch led […]
# Bangladesj waarsku die knokkelkoors-uitbreking kan vererger nadat September die dodelikste maand vanjaar was. Minstens 148 mense is verlede maand dood, wat die dodetal vanjaar op 245 te staan bring. Byna 80-duisend pasiënte is reeds in hospitale opgeneem. Kenners sê onlangse reënval en veranderende weerstoestande kan die verspreiding van die siekte, wat deur muskiete versprei […]
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Alexandra Abrahams, het met belanghebbendes vergader om vordering met die Meesterplan vir Hernubare Energie te hersien. Die komitee sluit verteenwoordigers in van die regering, die bedryf, georganiseerde arbeid en die hernubare energiesektor. Abrahams sê die energie-oorgang moet bekostigbaarheid en toeganklikheid vooropstel en die ekonomie ondersteun. Sy sê die […]
# ’n Australiese egpaar is uiters dankbaar dat hulle gered is nadat ’n potvis hul seiljag naby Nieu-Seeland getref het. Jeremy en Jemma Cooper was saam met twee ander bemanningslede sowat 250 seemyl noord van Norfolk-eiland toe die seiljag begin sink het. Hulle het 17 uur lank op ’n reddingsvlot deurgebring voordat die bemanning van […]
# Krieket: Die ervare plaaslike spelers Faf du Plessis, Rassie van der Dussen en Wiaan Mulder is beskikbaar op volgende week se veiling vir SA20 se vyfde seisoen. Honderd-56 spelers is op die kortlys nadat 789 aansoeke ontvang is. Vyf-en-negentig Suid-Afrikaners en 61 oorsese spelers is beskikbaar vir vier spanne. Durban’s Super Giants en Paarl […]
# Die Wes-Kaapse Department van Infrastruktuur het ‘n vyfjaar-ooreenkoms onderteken met die Forum vir Kunsmatige Intelligensie vir Ontwikkelende Lande in Genève om die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie in infrastruktuurontwikkeling te bevorder. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die moontlike gebruik van KI sal ondersoek word vir infrastruktuurbeplanning, projekmonitering, besluitneming en om projekte beleggingsgereed […]
# Die Zimbabwiese sakemagnaat Wicknell Chivayo en sy vrou is in ‘n helikopterongeluk naby Marondera, oos van Harare, dood. Daar was ses mense aan boord en geen oorlewendes nie. Chivayo was bekend vir sy uitspattige leefstyl, noue bande met president Emmerson Mnangagwa en ander Afrika-leiers, asook winsgewende staatskontrakte wat onder die soeklig was. Daar was […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die eerste werkende prototipe van ‘n digitale identiteitsdokument aangekondig en regstreeks met sy eie besonderhede gedemonstreer. Die slim-identiteitskaarte bly beskikbaar, terwyl die digitale dokumente van biometriese bevestiging gebruik sal maak. Schreiber het ook bevestig dat die groen identiteitsdokument nie meer na 31 Maart volgende jaar vervaardig […]