# Die beskuldigde in die Katlehong-massaskietery, Fani John Sibeko, het sy borgtogaansoek voorlopig laat vaar in die Landdroshof in Palm Ridge, Gauteng. Hy staan tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade, poging tot moord en vuurwapenverwante oortredings nadat hy na bewering verlede week op roubeklaers losgebrand het, insluitend lede van die ANC-jeugliga wat teruggekeer het van ‘n gedenkdiens. Vier mense is in die aanval dood. Sibeko het die besluit geneem nadat hy met sy regsverteenwoordigers beraadslaag het, terwyl lede van die ANC-jeugliga die hofgalery begin volpak het. Hy sal op 19 November weer in die hof verskyn.
Beskuldigde in Katlehong-skietery laat vaar voorlopig borgtogaansoek