# Krieket: Suid-Afrika het Australië met ‘n beurt en 31 lopies in die tweede toets op St George’s Park in Gqeberha geklop. Kagiso Rabada het ses paaltjies in die wedstryd laat spat insluitend vier in die tweede beurt, terwyl Marco Jansen die laaste paaltjie laat kantel het om ‘n klinkende oorwinning vir die Proteas te verseker. Jansen het vyf paaltjies vir die verlies van 33 lopies in Australië se eerste beurt ingeoes toe hulle vir net 99 uitgehaal is. Dit maak die reeks van drie toetse gelykop met een elk na Suid-Afrika die eerste toets in Durban verloor het.
Krieket: Proteas looi Australië in 2de toets om toetsreeks gelykop te maak