Skip to content

Hofuitspraak bevestig mynmaatskappye se verantwoordelikheid om die omgewing te herstel

# Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne verwelkom ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg wat fondse beskerm vir die rehabilitasie van myne en die herstel van die omgewing. Die Departement sê die uitspraak versterk die beginsel dat die fondse vir die beoogde doel aangewend word en beskerm word teen mededingende kommersiële belange. Hy sê mynmaatskappye moet verantwoordelikheid aanvaar vir die omgewingsimpak van hul bedrywighede, om te verseker die staat en belastingbetalers dra nie die koste van omgewingsskade nie.