Skip to content

Israel berei voor vir volledige sluiting van Wesoewer ná skietvoorval

# Israel se Weermag is opdrag gegee om voor te berei vir ‘n volledige sluiting van die besette Wesoewer nadat minstens vyf mense beseer is in ‘n skietvoorval naby Hebron. Israelse magte het twee vermeende Palestynse aanvallers doodgeskiet wat blykbaar verandwoordelik was vir die voorval. Eerste minister Benjamin Netanyahu het veiligheidsmagte opdrag gegee om Hebron af te sper en verdere beperkings op beweging in die gebied voor te berei. Padversperrings is reeds opgerig in nabygeleë Palestynse dorpe en veiligheidsoperasies duur voort.