# Japan gaan ‘n span saamstel om kuber-aanvalle met kunsmatige intelligensie na te boots en swakpunte in rekenaarstelsels te identifiseer. Dit volg terwyl regerings en ondernemings wêreldwyd hulle haas om webwerwe te beveilig nadat kritieke foute ontdek is in die programmeertaal PHP waarmee talle webwerwe bedryf word. Die Japannese selfoonmaatskappy SoftBank het sy noodwaarskuwingstelsel opgeskort terwyl hy aandag gee aan PHP-kwesbaarheid. Kliënte sal nie aardbewing-, tsoenami- of ontruimingsinligting-waarskuwings deur die diens ontvang nie. Amptenare sê IT-sekerheidspanne moet K-I pro-aktief gebruik om swakpunte te identifiseer voor aanvallers dit uitbuit.
Japan gaan kuberaanvalle naboots terwyl PHP-kwesbaarheid internet wêreldwyd ontwrig