# Suid-Koreaanse owerhede het pogings opgeskort om ‘n beroemde haai uit ‘n kanaal terug te lei see toe. Die vaalhaai-wyfie, met die bynaam Bukang-i, het Woensdag enkele ure nadat sy see toe begelei is, teruggekeer na die kanaal in Busan. Owerhede hou haar bewegings noukeurig dop. ‘n Oliestorting is vroeër vandag aangemeld naby die ingang van die kanaal, waarna die kuswag met ‘n skoonmaakoperasie moes begin. Die haai is etlike ure nie gesien nie, en owerhede het nog nie bevestig of die oliestorting enige uitwerking op haar gehad het nie.
Oliestorting hou nuwe gevaar vir Busan se haai in