Skip to content

Griekeland verbied sosiale media vir kinders onder 15

 # Griekeland het wetgewing aanvaar wat kinders jonger as 15 vanaf 1 Januarie volgende jaar verbied om sosiale media te gebruik. Die Parlement het die maatreël vandag goedgekeur te midde van kommer oor die uitwerking van sosiale media op jongmense se gesondheid en veiligheid. Platforms sal ouderdoms-bevestiging moet doen, en terselfdertyd die privaatheid van gebruikers moet beskerm. Eerste minister Kyriakos Mitsotakis sê maatskappye het genoeg tyd om voor te berei. Griekeland sluit aan by ‘n groeiende aantal lande wat probeer om kinders se toegang tot sosiale media te beperk.