# Skole, kantore en finansiële markte in Taiwan is gesluit terwyl Tifoon Champi sterk wind en stortreën in dele van die eiland veroorsaak. Byna ‘n duisend vlugte is gekanselleer, een persoon is dood en meer as 160 mense beseer. Owerhede het meer as twee-duisend-600 mense uit bergagtige gebiede ontruim. Meer as 77-duisend huishoudings was aanvanklik sonder krag, hoewel toevoer intussen meestal herstel is. Die storm is besig om te verswak, maar weerkundiges waarsku oor gure weerstoestande en moontlike verspoelings. Champi sal na verwagting beweeg na China en die suide van Japan.
Tifoon Champi eis een lewe en Taiwan kanselleer byna ‘n duisend vlugte