# Rugby: Die seun van ‘n oud-Wallaby kan volgende maand sy buiging maak vir Australië in die Nasieskampioenskaps-toetse in Europa. Die skrumskakel Teddy Wilson se pa, David, het 79 toetse vir Australië gespeel, onder meer in 1999 toe die Wallabies die Wêreldbeker gewen het. Die ander nuweling in afrigter Les Kiss se groep is die loskopstut Tom Lambert. Die Wallabies pak Engeland op 8 November op Twickenham, Skotland ‘n week later op Murrayfield en Wallis op 21 November in Cardiff.
Rugby: Oud-Wallaby se seun kan volgende maand sy buiging maak vir Australië